Get Adobe Flash player

Vers vir die Dag

Kategoriee
Straat Adres

Hans Strydom Laan 70
Klipfontein
Witbank
1035

Pos Adres

Posbus 12047
Leraatsfontein
1038

Besoekers Vandag
Besoekers vandag: 1

Wie is ons?

Ons is ‘n visiegedrewe gemeente.

Die visie van die gemeente bestaan al etlike jare en is tydens ‘n leiersnaweek afgebid en deurgewerk.  Wat vir ons so verblydend is, isdat die visie 100% ooreenkom met die visie van die oostelike sinode van die NG Kerk waaraan ons behoort. Hierdie jaar gaan ons net ‘n klein invoeging maak by die visie en die woorde “in eMalahleni” byvoeg.

Die visie van die gemeente gaan dan as volg lees:

In eMalahleni leef ons Geesvervuld na Bo, Binne en Buite.

Die visie van die gemeente is verder omskryf na die volgende:

Ons die wedergebore Christenfamilie in eMalahleni, kies ‘n lewende verhouding van gehoorsaamheid aan die Woord sodat die vrug van die Gees sigbaar sal word –

Na Bo in ‘n verwonderende liefdesverhouding met God drie-enig.

Na Binne in ‘n gemeente waar betrokkkenheid en omgee prioriteit is, en

Na Buite, vir almal vir wie ons Jesus se voete en hande moet wees,

Sodat Sy Koninkryk kan kom.

Vir die Jaar 2010 is die tema tydens ons predikante se wegbreek buite duidelik in ons harte gelê.  Alles, en dit sluit ons visie in, gaan ons doen rondom die familie metafoor.  Julle sal dit dan ook so sien op die almanak. Daarom gaan ons jaartema soos volg lees: Ons is familie. Die Skrifgedeelte wat ons gaan gebruik om dit mee te onderbou is 1 Kor.13.  Daarmee saam gaan ons ‘n nuwe gemeentelogo ontwerp vir 2010.  Ons gaan hierdie komende jaar aan ons biologiese en geestelike familie baie aandag gee.

Aan God al die eer.

Ds. Louis, Ds. Marius en Gerrie.