Sending Bediening
Sending word traditioneel gekoppel aan ‘n spesifieke groepie mense in ‘n gemeente wat uitreike doen en wat sendelinge ondersteun. ‘n “Arm van ‘n gemeente”. Hierdie siening het gelei tot die denkwyse dat, “sending “, net vir ‘n paar mense bedoel en “n nuwe testamentiese konsep is, beginnende by Matt 28. Dit is egter nie ‘n Bybelse siening nie.
God se hart en uiteindelik doel, is om mense te herskep in Christus, van elke volk en nasie, ten volle onderdanig aan sy Heerskappy, wie se passie is om met alles wat in hulle is, God te verheerlik en deel te wees van Sy Goddelikke doel. Ons sien dit vanaf Genesis reg deur tot Openbaringe, dat God streef daarna om alle nasies te bereik. Die word “nasies” in Grieks is “ethnos”, wat beteken etniesse groepe. God het Abraham uitgekies om te seen, maar Sy doel daarmee was om die nasies te seen deur hom en dat God self uiteindelik daardeur geseen sal word. Gen 12:1-3 Wanneer u die Bybel lees, let op hoeveel keer die Woord praat van nasies.
Sending gaan nie so seer oor die redding van mense, of die verligting van nood, of die opheffing van gemeenskappe nie, maar die gaan oor: GEBORE UIT ONS LIEFDE VIR GOD: ‘n PASSIE OM GOD TE VEREER EN TE SIEN DAT ANDER MENSE, HOM SAL VEREER EN PERSOONLIK SAL BEDANK WANNEER HULLE VERANDER IS AS GEVOLG VAN DIE KRAG VAN DIE EVANGELIE. Dit bring mee ‘n denkwyse van dat Evangelisasie vir God is en nie vir die mense is nie. Indien ons dit vir mense doen is dit maar net Humaniterienisme.
God se hart is weerspieel in die Openbaring 5:9. dat elke groep, taal en nasie verteenwoordig sal wees teen die einde, om Hom te aanbid.
Daar is tans ongeveer 16 000 bevolkingsgroepe in die wereld, waarvan 6900 nog nie die evangelie gehoor het nie, of ‘n lewensvatbare kerk het wat kan uitreik om hulle eie mense te bedien met die evangelie nie. Een van die nasies is die Mwani groep, waar Theo en Mignonne betrokke is. Hulle staan bekend as ‘n onbereikte volk. Hulle geloof is Muslim. Onlangs het ‘n ander Muslim groep, die Koti mense, net suid van die Mwani, tot bekering gekom en besluit dat hulle nie die evangelie vir hulle self kan hou nie, maar gaan nou uitreik na die Mwani. Hulle het besef dat dit God is wat vereer moet word en Sy Eer is die moeite werd om uit te gaan.
Kom ons bid vir die Mwani mense, ons sendelinge en vir onsself om ons fokus te hou op God se verheerlikking eerder as om mense te vereer deur mense te wil red uit ons liefde vir mense.
“Scripture, theology, the church, and even Christians would not exist without mission. Therefore, a theology without mission is not a biblical theology, a church without mission is no longer truly the Church and a Christian without mission is no true disciple. For Christians, mission is not an optional extra for the fanatical few, it describes perfectly who we are in Christ and why we are in Christ” Patrick Johnstone