Get Adobe Flash player

Vers vir die Dag

Kategoriee
Straat Adres

Hans Strydom Laan 70
Klipfontein
Witbank
1035

Pos Adres

Posbus 12047
Leraatsfontein
1038

Besoekers Vandag
Besoekers vandag: 1

Ons Stadsbetrokkenheid

Witbank vir Christus

Stadig maar seker het die wete dat God ons geroep het in ons stad onder die gemeente begin gegroei.

‘n Paar jaar gelede het Harvest Evangelism ons aandag op die bereiking van ‘n stad en dat die klimaat in ‘n stad kan verander wanneer ons saambid, saamwerk met ander denominasies. Ook wanneer ons besef dat ons elkeen ‘n verantwoordelikheid het in ons sirkel van invloed. Daar waar ek en jy elke dag leef en werk.

Ons is betrokke by die visie van die Fraternal en dit is dat hierdie stad God se stad is en dat Sy teenwoordigheid nog die strate van ons stad gaan vul. Daar is sulke wonderlike profesieë oor ons stad uitgespreek en ons vat dit. Ons het begin om na buite te kyk. Sommer net om vir die Here te sê: Ek weet dat ek nie sommer net in die stad woon nie. U het met my lewe hier ‘n baie besondere doel.

Ons daadgetuienis is op die strate van ons stad. Ons het kinderhuise gevestig wat die stad dien. Ons het die shelter gekoop en dit gegee aan Jabez voedselprojek om te bedryf.  Ons het ons oorskot begin teruggee aan ons stad en elke sent wat ons meer het as ons begrooting, saai ons terug in stadsbedieninge. Die Here het ons in die jaar wat verby is so ryklik geseën dat ons bykans R600 000 kon terugsaai in die stad in. Wat gaan Hy nie hierdie jaar deur my en jou doen nie. ‘n Gemeente met ‘n sterk stadsvisie, gebou op die fondasie van God se koninkryk. Ons wil ook in die jaar baie betrokke wees by die Wêreldsokkerbeker inisiatiewe in ons stad. Kom ons gryp die geleentheid.

“Greater things are yet to come. Greater things are still to be done in this city”.

Werk saam, droom saam, doen saam aan Eseg.48  Jahwe Shama – God is hier teenwoordig!